Excelsior Plaasvars Vleis
Excelsior Plaasvars Vleis is ‘n goedgekeurde abattoir op die plaas onder persoonlike toesig. Elke slagting word geïnspekteer en elke karkas dra ‘n merk van goedkeuring. Slagvee word elektries verdoof, volgens spesifikasie geslag, verkoel en ryp gemaak. Karkasse word opgesaag en verpak volgens u keuse in kartonne.