Laerskool Overberg
Laerskool Overberg is geleë in die hartjie van die Overberg, Caledon in die Wes-Kaap. Ons beskik oor ‘n toegewyde, talentvolle en goed opgeleide personeel met ‘n uitstekende opvoedkundige program. ‘n Hoë akademiese standaard word gehandhaaf en spesiale aandag word aan buitemuurse bedrywighede gegee sodat elke leerder se volle potensiaal ontwikkel kan word. ‘n Voorkeurskool vir u kind want …ons strewe na uitnemendheid.


